PASTOOR WAYNE EN IRENE NEGRINI

Pastoor Wayne en Irene Negrini is ‘n Duitse herderspaar wat tans in Suid-Afrika is. Ons as gemeente is bevoorreg om hulle Sondagaand die 29ste November 2020 om 18h00 by ons te kan verwelkom. Pastoor Wayne is nie net ‘n predikant nie, hy sing ook.

 

Luister gerus hier na een van sy liedjies: https://m.soundcloud.com/wayne-vincent-negrini/oh-holy-night

 

Moet nie Sondagaand se diens misloop nie. Nooi gerus iemand saam.

SONDAGAAND FLIEK – 08 November 2020

Moet nie Sondagaand ons fliekaand mis nie! Die fliek “I still believe” is ‘n ware verhaal wat handel oor die lewe van Jeremy Camp; ‘n gewilde gospelsanger en liedjieskrywer.

 

Hy het sy eerste vrou aan die dood afgestaan ‘n paar maande na hulle troue. Maar een briefie het sy hele lewe en duisende ander lewens verander!

 

Kom en geniet die fliek saam met ons.

GEMEENTE VAS- & BIDDAG – 18 Oktober 2020

Ons gemeente hou ‘n vas en bid dag op Sondag die 18de Oktober 2020. 

Ons nooi u uit om saam met ons te vas en te bid. 

Die kerk sal die hele Sondag oop wees sodat U hier saam met ander gelowiges die aangesig van die Here kan kom soek.

SEËNINGE VAN VAS

1. Vas bring nuwe openbaring van God se wil Daniël 9:2-3; 20-22; 10:1-3; Handelinge 27:21-24

2. Vas maak ons nederig. Psalm 69:10

3. Vas kan deel wees van geestelike oorlogvoering, en volgens Jesaja 58: 6 bevryding van die verdrukte

4. Vas kan God se oordeel verhoed – Jona 3:5; 9-10

5. Vas help jou om jou liggaam te wys wie baas is – 1 Korinthiërs 9:27; 6:13-20

Positiewe resultate van vas – Bybelse voorbeelde

1. ‘n Nasie word gered van uitwissing – Ester 4 (Spesifiek vers 16)

2. Die stad Ninevé is God se oordeel gespaar – Jona 2-3 (Spesifiek 3:7-8)

3. Bose geeste is uitgedryf – Matteus 17:14-21

4. Die wil van God word geopenbaar – Handelinge 13:1-4

5. Leiers word deur vas en gebed aangestel – Handelinge 14:23

Verskillende metodes van Bybelse vas

1. Normale vas – onthou van alle kos (dws vaste en vloeibare voedsel) – maar NIE van water nie – Mattheus 4:2

2. Totaal vas – geen eet of drink nie – Handelinge 9: 9 (maksimum tydperk: 3 dae!)

3. Gedeeltelike vas – “Heerlike kos, ek het nie vleis geëet of wyn in my mond laat kom nie…” – Daniël 10:3 (Sommige Christene noem dit ‘n vrugte en / of groente vas of ‘n Daniël vas.

Vas is nie…

1. ‘n Dieet- of hongerstaking – dit is ‘n baie spesifieke geestelike oefening met diepgaande geestelike implikasies!

2. ‘n Geleentheid om oor jou spiritualiteit te spog. Wanneer jy vas, leer die Bybel ons om dit so privaat en so onopvallend moontlik te doen. – Mattheus 6:16-18

3. Lees Jesaja 58 waar God Homself verduidelik wat Hy beskou as ware vas. Matteus 6: 1-8, 14-21 is ook belangrik.

4. VAS en GEBED gaan ALTYD saam!

Wanneer Vas ons?

1. Wanneer die Gees van God ons lei – Lukas 4:1-2

2. As ek, as individu, die behoefte het – Mattheus 6:16-18

3. Wanneer die kerk as geheel geroep word om te vas en bid – Joël 1:14 en 2:15-16

CHRIS & CHANIE & LOGAN BARNARD : Opname FM Gospel Active : 19 September 2019

Op Donderdagaand 19 September 2019 het Pastoor Andries Nel die voorreg gehad om Chris & Chanie en Logan Barnard op te neem vir die program Jesus Kan Alles Doen.

Die program word uitgesaai op Dinsdagaande tussen 7nm en 8nm op FM Gospel Active.

Wat ‘n besonderse getuienis van hoe Jesus alles kan doen.

FM GOSPEL ACTIVE kan deur die volgende skakels geluister word :

https://fmgospel.gq

https://fmgospel.co.za