Koinonia Christensentrum

“Die gemeente wat omgee.”

Die gemeente is gestig op Sondag 21 Maart 1999 met ons eerste dienste wat gehou is by Laerskool Hermanstad.
Vir die eerste klompie jaar van die gemeente het ons dienste gehou in Laerskool Hermanstad en toe Laerskool Tuine.
Op Sondag 4 Desember 2011 het ons gemeente in ons eie sentrum (763 Van der Hoffweg, Pretoria-Tuine) ingetrek en ons eerste dienste gehou in ons eie plek.
Pastoor Andries & Melanie Nel was die eerste pastoorspaar en is vandag nog die hoof Herderspaar van die gemeente.
Die gemeente het met ongeveer 20 lidmate begin en het vandag oor die 400 lidmate.
Die gemeente het ook reeds 10 gemeentes tot op hede afgestig.